SABC News | Sport | TV | Radio | Education | TV Licenses | Contact Us
 

Human Rights Violation Hearings

Type HUMAN RIGHTS VIOLATION HEARINGS

Starting Date 10 June 1996

Location KIMBERLEY

Day 1

CASE NO: CT/04601

VICTIM: AUBREY KGATIWANE

VIOLATION: SON BEATEN BY IFP MEMBERS

TESTIMONY BY: GRACE KGATIWANE

DR BORAINE

[indistinct] - I call the next witnesses - Ms Grace Kgatiwane and Mr Tommy Kgatiwane - if you will please come forward.

Ms Kgatiwane can you hear me all right on the ear phones - okay - Mr Tommy Kgatiwane can you hear all right. Now I am not sure who would like to start. But seeing that both of you are going to give evidence, perhaps you would be kind enough both of you to stand - wait a minute let’s just make sure we got the ear phones properly for Ms Kgatiwane end of Tape 3, side A …

They want to give evidence in Afrikaans - fine - okay.

CHAIRPERSON

They want to do it in Afrikaans.

DR BORAINE

Yes but Denzil is going to do it. All right you can hear me now - fine. Would you please both stand to take the oath.

GRACE KGATIWANE Verklaar onder eed

DR BORAINE

Baie dankie, sit asseblief.

I want to say again a very special word of welcome to you. Denzil Potgieter is going to ask you some questions to help you tell your story and he will do in Afrikaans. So if you like you can take the head phones off because you will be able to follow but, however, whatever makes you feel comfortable - you do just know that you are amongst friends and we are very-very glad that you came today. Mr Potgieter.

ADV POTGIETER

Dankie Dr Boraine. Mevrou en Tommy julle kan maar daai goed afhaal ons kan met mekaar praat sommer in Afrikaans nè, so haal maar af daar, dit is nie nodig nie, stadig okay. All right stop my maar as jy nie volg nie.

VOORSITTER

Of miskien moet sy dit dra want sy hoor nie mooi nie, sy is ‘n bietjie doof.

ADV POTGIETER

Okay, mevrou ja ek - miskien is dit beter as u dit maar aanhou - hou maar aan dan is dit harder - dan is dit harder in u ore nè, dan kan u mooi hoor en Tommy jy kan mooi hoor nè - okay en stop my gerus as ek te vinnig praat hoor - all right.

Wel weer eens goeie middag u is ook nou al ‘n hele tydjie hierso u is al oor die naweek hier gewees nè. So dankie vir u geduld ons waardeer dit - nou mevrou.

VOORSITTER

Aanskakel - jy moet hom eers aanskakel en dan kom die rooi lig aan.

ADV POTGIETER

Oh! okay - don’t you want to just put on - put on the microphone and you can leave it like that - okay.

Mevrou u saak gaan oor u ander seun - no Mr Briefer we are just using that one there ja. Okay is dit naby genoeg aan mevrou okay. Mevrou u praat oor die saak van u ander seun van Aubrey.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

En Tommy wat daar langs u sit is ook u seun.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

So dis ma - ma en seun nè. En u bly in Griekwastad nè.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

Okay, nou die voorval van Aubrey waar hy nou seergemaak was nè.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

U kan nog daai voorval onthou nè mevrou.

ME KGATIWANE

Ja ek kan nou nog onthou.

ADV POTGIETER

Kan u vir ons vertel wat daar gebeur het, hoe Aubrey seergemaak was.

ME KGATIWANE

Toe Aubrey seergemaak is - [onduidelik] die Saterdagaand - seker maar die Sondag was hy seergemaak, maar die Saterdagaand het daardie mense gekom [onduidelik]

ADV POTGIETER

Mevrou - ja sit so bietjie nader dan gaan u stem hard praat as u in daai mikrofoon praat.

ME KGATIWANE

Daar het mense gekom met die bus saam daarso.

ADV POTGIETER

Daar’s hy.

ME KGATIWANE

Vrydag - Saterdagaand het daar mense gekom, maar toe slaap ons, toe daardie mense daar kom daarso. En die Sondag môre toe sien die kinders die bus wat daar - [onduidelik] maar ons het gevat dis sokker spelers - dis maar sokker spelers.

Later van tyd hierso voordat die kerke gelui het, en toe trek die mense aan - aan hulle [onduidelik] dat daardie hele strate vol - die hele straat het hulle so vol ge- [onduidelik] en ek wil nog uitgegaan het en die ander seuntjie van my dogter sê vir my - want hulle sê vir my ma, ma moenie uitgaan nie, dis die INKATHA’s die - ek sê vir hulle wat is INKATHA’s en wat kom soek hulle dan nou hier voor. En ek gaan kyk hier onder - ek gaan maak die gordyn oop en ek sien hier is hulle regtig hulle se truie is gedruk INKATHA’s en hulle het maar so [onduidelik - onduidelik - onduidelik] en hulle het geloop by die saal loop gaan eet.

En die ANC het nie daardie dag optog gemaak want toe sê hulle nou die - hoe kan ek sê voorstaanders van hulle - toe sê hulle maak [onduidelik] is nou hulle se dag vandag. Daar was ‘n een polisieman wat gesê het hulle kan nie sê nie, [onduidelik] is hulle se dag vandag nie, want dis - dis ‘n dorp hoe kan ek sê ‘n stad vir almal - vir almal. Nou hoor ek dis reg.

Hier drie-uur se kant toe ek sit nog daar by die huis toe kom daar ek weet nou nie - ek was so deurmekaar gewees ek weet regtig nou nie waffer kind het daar gekom en gesê vir my ouma Aubrey is geslaat van die INKATHA’s. En ek staan daar op daarso en ek gaan Mamma [onduidelik] se huis toe en ek gaan kry nie vir Mamma [onduidelik] daar by die huis nie en ek gaan verby maar. En toe ek daar kom daarso toe is Aubrey nou opgetel van die - die ene van die ANC - [onduidelik] het hom opgetel daar in die bakkie in gesit, hospitaal toe.

Ek het nie eers my kind gesien toe hy in die kar - hoor net dis reg. En toe hy daar kom daarso toe kom sy suster net in - sesuur nou - dis sesuur en sy suster moet nou inval - sesuur toe moet sy suster nou gaan saam met [onduidelik] vir hom wegbring hiernatoe Kimberley toe.

En hier het hy drie weke gelê en die vierde week toe gaan hy eers huis toe. Maar toe is hierdie plek van hom skurf, want hy is geslaat met die [onduidelik] met die [onduidelik] is hy geslaat. Die kind nou ek kan nie sê hy is ‘n kind nie, want hy is ‘n groot man, want hy het al kind wat hy support hoor, hy het al ‘n kind al wat hy support. Nou maar hy is tog nog onder my, want hy is nog nie getroud nie - hy is nog nie getroud nie.

Nou hy is - dit lyk altyd sy kop vat en ook nie, dan praat hy weer reg dan lyk dit weer sy kop vat nie, sy gedagtes is weg van hom af. En die wat ek wil ook sê die kind hy is nie gesond nie, want as dit nou so winter is - hy bloei nie so nie, dit stort - daai bekertjie vol stort hy.

So ek - ek weet nie wat moet ons maak nie, want ek het hulle loop aangekla ek het loop aangekla, want ons het gesê dis die - die mense wat hier ingekom het - daar is mense wat weet hierdie mense het hierheen gekom in Griekwastad. Hulle kan nie sommer bus vat van die kant af ry hiernatoe dat die mense nie weet nie. En toe gaan - toe gaan gee ek nou die Sondag die klagte af by die polisiekamp en daardie polisie wat daar gewees het is Burger - ek ken net nie sy voornaam nie. Maar dis Burger wat daar gewees het.

Wel die ek het maar so gebly - so gebly - so gebly en toe gaan ek weer, toe sê [onduidelik] vir my antie kan ons weer gaan na die polisiekamp toe, laat ons dan weer loop uitvind, is die saak van Aubrey dan nog nie gevat nie. Toe ons daar kom daarso, vra ek weer vir mnr Burger, ek sê meneer is Aubrey se saak nie gevat nie, die antwoord wat hy vir my geantwoord het daarso. Toe sê hy vir my ja Aubrey se saak het ons aangevat, maar is hy dood - is hy dood.

Toe sê die enetjie [onduidelik] vir my - antie kom ons loop, toe gaan ons uit, en daarvandaan af is dit stil until now - niks gehoor nie.

ADV POTGIETER

So het niks - niks verder gehoor van daai saak van Aubrey nie.

ME KGATIWANE

Niks - niks - niks.

ADV POTGIETER

Nou u sê dat die - Aubrey se kop vat of hy vat ook nie baie keer nie.

ME KGATIWANE

Hy - ja.

ADV POTGIETER

Nou [tussenbeide]

ME KGATIWANE

Eendag dan sien jy ook die kind - die mens hy praat sommer onnodige goed - daarom toe het ons - toe die mense daar kom daarso die Woensdag daarso - toe is ek en hy en sy suster daarso en toe sê ons vir hom [onduidelik] - die ene al praat hy ook so - hy is ook dan daar by gewees, maar hy praat onnodige goeters hoor. Kyk hy - sy kop - hulle het hom op die kop geslaan.

ADV POTGIETER

O!

ME KGATIWANE

En hierdie hou hierso - want hierdie mond van hom het bietjie skeef geraak so, hierdie mond van hom is bietjie [tussenbeide]

ADV POTGIETER

So is dit nou nadat hy seergemaak gewees het wat hy nou so bietjie deurmekaar praat en die kop vat of vat nie party keer nie.

ME KGATIWANE

Ja wat hy nou so [tussenbeide]

ADV POTGIETER

Voor dit was hy all right gewees.

ME KGATIWANE

Hy was all right gewees.

ADV POTGIETER

Die bus mense wat daar ingekom het, is dit almal vreemde mense wat daar gekom het.

ME KGATIWANE

Ons - ons ken hulle nie - ons ken hulle nie - ons ken hulle nie, nie een van hulle ons van Griekwastad se mense daar ken vir hulle nie, dis maar net die mense wat vir hulle ingebring het, wat vir hulle ken.

ADV POTGIETER

Nou [tussenbeide]

ME KGATIWANE

Kyk daar was - ons is twee paar [onduidelik] daarso - dis die INKATHA - dis die ANC, nou ek dink maar net dis die mense van die INKATHA’s hulle het daardie mense hier ingebring - voor die ANC.

ADV POTGIETER

En Aubrey u sê daar is twee - daar is twee kante daarso in Griekwastad.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

Behoort Aubrey aan enige een van daai twee kante - ondersteun hy enige een van die twee?

ME KGATIWANE

Hy - ja hy behoort aan die ANC.

ADV POTGIETER

Is hy by die ANC kant?

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

Sê u mevrou dat daai mense wat daar gekom het met die bus was daar - was daar op hulle klere geskryf - is daar INKATHA geskryf op die klere?

ME KGATIWANE

Dis INKATHA daar geskrywe op die klere daarom weet ek nou dis INKATHA’s. Want die kind het vir my kom gesê dis IFP.

ADV POTGIETER

IFP.

ME KGATIWANE

Ja.

ADV POTGIETER

Okay.

ME KGATIWANE

Nou by die - by die skippers van hulle - is INKATHA.

ADV POTGIETER

Okay - mevrou baie dankie - wat voel u moet ons doen vir u in verband met Aubrey se saak?

ME KGATIWANE

Ek voel want as dit so winter is - ek het swaar - niemand sien ‘n vrou in die huis - dis net die Here wat sien, wat kom daardie vrou kort daar in daardie huis. Hy het nie pa nie, sy pa is lankal oorlede - seker nou twaalf jaar wat sy pa oorlede is ek weet nie. En hy werk vir homself en ek kry pensioen, ek kan nie vir - ek kan nie vir hom [onduidelik] nie. En hy support ook darem sy kind met daardie ou bietjie geldjies wat ek nou so kry dan party môre - party dae dan wil hy ook nie eens werk toe gaan nie [onduidelik] gaan maar werk toe. Hy wil nie werk toe gaan nie. Nou hy maak nie aspris nie - hy maak nie aspris nie, hy is ‘n man wat gewerk het.

ADV POTGIETER

Baie dankie mevrou ons het gehoor wat u alles sê en dankie dat u gekom het hiernatoe en vir ons vertel het van Aubrey se saak en dat u gewag het tot nou toe. Ek gaan nou saam met Tommy praat oor sy saak, so ons kan maar daai mikrofoon skuif na hom kant toe.

As ek klaar is dan sal ek vra of my kollegas vir enige een van u wil vrae vra nè.

 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
DMMA Logo
SABC © 2024
>