SABC News | Sport | TV | Radio | Education | TV Licenses | Contact Us
 

Human Rights Violation Hearings

Type QUESTIONS AND ANSWERS, TOMMY HENDRICKS

Starting Date 17 February 1997

Location GUGULETU 7

Day 1

MR NTSEBEZA

Now without further ado, I believe that the first witness is on my notes Detective Sergeant Tommy Hendricks. I don’t know whether that is the order in which contrary to what the media have been saying. Now can we have Detective Sergeant Tommy Hendricks come to the witness stand please so that he can be sworn in.

I will ask advocate Potgieter to swear the witness in.

ADV POTGIETER

Thank you chairperson - perhaps just before I ask the witness to take the oath, the translation devices that we’ve got, enables people to listen in to the testimony in the language to which you can follow. Now on the black box section of the translation device there are two wheels, the one wheel has certain numbers on and there is written on channel and the other wheel an arrow which indicates that one adapts the volume through that.

But just to explain the channels if you want to listen into the testimony in Afrikaans you have to change the channel to Nr 1 - so if you want to listen in Afrikaans - it’s Channel Nr 1 - if you want to listen to it in English it is Channel 2 and if you want to listen to the testimony in Xhosa it’s Channel 3 - so this will enable you to hear a simultaneous translation of the testimony in the language which you can follow.

ADV NTSEBEZA

Thank you advocate Potgieter - we will now have the witness sworn in - as I’ve indicated immediately thereafter the witness testified the camera persons will have to withdraw.

ADV POTGIETER

Mr Hendricks I am going to ask you to take the oath, would you mind to stand for that purpose and state your full names for the record please. Are you going to give your testimony in English or in Afrikaans?

MR HENDRICKS

Afrikaans.

ADV POTGIETER

Afrikaans dan gaan ek vir u die eed in Afrikaans laat neem.

TOMMY ARCHIBALD HENDRICKS verklaar onder eed

ADV POTGIETER

Dankie mnr Hendricks u kan sit.

ADV NTSEBEZA

Thank you gentleman of the press - pull please - thank you - thank you. Advocate Potgieter.

ADV POTGIETER

Thank you Mr Chairman.

Mnr Hendricks - goeie môre en welkom hierso.

MNR HENDRICKS

Dankie.

ADV POTGIETER

Baie dankie dat u tyd gemaak het om tot hier te kom. Kan u eerstens vir ons net sê wie u is, wat u doen - wat u agtergrond is voordat ons praat oor die voorval waaroor hierdie verrigtinge gaan.

MNR HENDRICKS

Ek is ‘n speurder in die Suid-Afrikaanse Polisie - ondersoekbeampte - gestasioneer tans te Langa.

ADV POTGIETER

Miskien - kan ek net vir die - mnr Malebatsi vra om daai mikrofoon nader aan u te skuif - dan kan ons u duideliker hoor.

MNR HENDRICKS

Ek is ‘n Speurdersersant in die Suid-Afrikaans Polisiedienste en ek is tans gestasioneer te Langa.

ADV POTGIETER

Hoeveel jaar diens het u mnr Hendricks?

MNR HENDRICKS

22.

ADV POTGIETER

22 Jaar diens - nou in 1986 in Maart 1986 waar was u toe gestasioneer?

MNR HENDRICKS

Moord en Roof afdeling Bishop Lavis.

ADV POTGIETER

En op die oggend van die 3de van Maart van 1986 was u aan diens?

MNR HENDRICKS

Ek was aan diens gewees ja Edele.

ADV POTGIETER

Kan u vir ons verduidelik wat gebeur het die betrokke oggend terwyl u in die polisievoertuig beweeg het.

MNR HENDRICKS

Ek het van die huis af gekom, ons is na - oproep gekry het na NY1, Guguletu ek en my mede-speurder - Speur Adjudant-offisier Solder wat nou reeds op pensioen afgetree is, ons het gery na NY1. Onder die brug het ons geparkeer ‘n hele aantal voertuie, privaat asook polisievoertuie. Ons het beide uitgeklim en in NY1 af geloop na op die hoeke van NY1 en NY111.

Ek het opgemerk dat my vorige Eenheids-bevelvoerder Kaptein Kleyn het daar gestaan - ek het hom gekry daardie tyd, hy het daar gestaan en ek het ook maar daar gekyk wat aangaan. Ek het omtrent so na drie minute het ek weer teruggegaan na die voertuig toe, toe sien ek daar kom ‘n - op die linker NY111 het daar drie - sewe - sewe persone uitgekom wat met hulle hande so geloop het onder klere in, wat hulle op hulle gehad het, kon ek nie verklaar nie.

Ek het teruggeloop na die voertuig toe, by die voertuig gekom, toe het ek skote gehoor afgaan. Ek het omgedraai en gesien daar lê persone op - op NY111 - asook 101. Ek het gestaan en kyk en toe gaan ek na die - na die bos se kant toe. Maar voor dit het ek gesien daar staan ‘n persoon wie onbekend aan my is in - een van die hostels vanaf Dairy Belle hostel, hy het daar gestaan daar heel bo en deur ‘n venster gekyk reg op ons. Tot vandag toe weet ek nie wie die persoon is nie, maar nie te min - ons - ek het gegaan na die - ons het toe een van die persone daar gesien lê in die bos. Op sy maag het hy gelê op sy maag ja - hy was oorlede en die anders het gelê en - in 101 en 111 - ag NY1.

Wie hulle geskiet het, kon ek nie sê nie, ek kan geen vinger wys na niemand nie, wie die persone geskiet het daardie tyd nie. Want skietery het ek nie gesien nie, ek het net die skote gehoor klap agter my wat ek na my voertuig toe gegaan het.

ADV POTGIETER

Dankie mnr Hendricks ek gaan vir u ‘n paar vrae vra net om probeer die voorval meer duidelik te kry vir ons en in daardie proses gaan ek vir u vra om te kyk onder andere na ‘n sketsplan van die omgewing van die hoek van NY1 en NY111.

Maar voordat ons daarby kom, miskien net so bietjie meer detail u was in ‘n polisievoertuig die oggend saam met ‘n kollega van u mnr Schilder.

MNR HENDRICKS

Schilder dis reg.

ADV POTGIETER

Hoe laat was dit ongeveer gewees wat die - wat u die berig oor die radio gehoor het.

MNR HENDRICKS

Dit was so hier tussen - om presies te wees ek kan sê tussen twintig oor sewe en halfagt.

ADV POTGIETER

En halfagt - tussen twintig oor sewe en halfagt die oggend.

MNR HENDRICKS

Ja.

ADV POTGIETER

En waaroor het die radio berig gegaan - wat was gesê oor die radio?

MNR HENDRICKS

Dat daar word ‘n - daar gaan ‘n polisievoertuig aangeval word wat werkers na Guguletu vervoer.

ADV POTGIETER

En was die radio berig dat u ontbied word na die toneel toe of hoe het dit gekom dat u toe na die toneel toe beweeg het.

MNR HENDRICKS

Dit was gevra oor die radio dat ons soontoe moet gaan.

ADV POTGIETER

Nou is u en mnr Schilder op pad na die toneel toe en toe u nou daar aankom was daar ander polisie teenwoordig gewees alreeds?

MNR HENDRICKS

Alreeds ja - was daar reeds polisievoertuie en polisiemanne.

ADV POTGIETER

Daar op die - op die - in die omgewing op die toneel.

MNR HENDRICKS

In - op die omgewing ja.

ADV POTGIETER

Goed, nou u sê dat u het onder andere daar op die toneel vir een van u Bevelvoerders Kaptein Kleyn dink ek het u gesê.

MNR HENDRICKS

Dis reg - dit is reg.

ADV POTGIETER

Gesien.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

ADV POTGIETER

Was hy saam met u op daardie stadium by Moord en Roof in Bishop Lavis.

MNR HENDRICKS

Dit is reg ja.

ADV POTGIETER

U het hom goed geken.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

ADV POTGIETER

Nou toe u hom sien was hy in ‘n voertuig was hy buite ‘n voertuig - waar was hy gewees?

MNR HENDRICKS

Buite ‘n voertuig gestaan.

ADV POTGIETER

Het hy - het hy buite ‘n voertuig gestaan.

MNR HENDRICKS

Buite ‘n voertuig - van ‘n voertuig - weg van ‘n voertuig af op NY111.

ADV POTGIETER

Op NY1.

MNR HENDRICKS

111 ja.

ADV POTGIETER

O! 111 ek is jammer - op NY111. En op daardie stadium het die mense maar net rond gestaan daar was nog nie ‘n skietery gewees nie.

MNR HENDRICKS

Geen skietery nie.

ADV POTGIETER

Goed, en u sê dat u het ook rond gestaan vir ‘n rukkie toe het daar nog niks gebeur nie.

MNR HENDRICKS

Dit is reg so.

ADV POTGIETER

En u het iewers het u sewe persone gesien wat stap.

MNR HENDRICKS

Dit is reg - uit die rigting van 111 uit - agter die hostel - daai Murray & Roberts se hostel.

ADV POTGIETER

Goed, nou miskien moet ek vir u maar nou op hierdie stadium vra om te kyk na die plan wat ons het van die omgewing. Daar behoort ‘n klein replika van die plan voor u te wees, indien nie, dan gaan ek vra dat onse ondersoekers dit vir u gee.

Goed daar is nou ‘n kleiner replika van die groter sketsplan wat op die verhoog is, miskien kan u eers net daarna kyk en uself oriënteer sien u die twee strate NY1 en NY111 op die plan.

MNR HENDRICKS

Dit is reg Edele.

ADV POTGIETER

Nou ons weet dat daar in NY1 ‘n brug is, in die lig van vroeër getuienis wat ons aangehoor het in die saak, kan u, uself oriënteer het u ‘n idee waar die brug is op die - op die sketsplan?

MNR HENDRICKS

Die brug sal hier bokant wees hier wat - naby wat die NY1 geskrywe is - teen daai kant sal die brug wees - die kant toe.

ADV POTGIETER

So net so onder die opskrif sketsplan.

MNR HENDRICKS

Onder - dis reg.

ADV POTGIETER

As ek dit reg het, sou dit die noorde kant wees as ‘n mens die windrigtings neem.

MNR HENDRICKS

Die noordelike kant ja.

ADV POTGIETER

Dit sou noord wees daardie.

MNR HENDRICKS

Is noord ja.

ADV POTGIETER

Nou net om te verduidelik hoe u beweeg het tot op die toneel - het u in NY1 langs gekom of in NY111 - hoe het u op die toneel gekom langs watter pad?

MNR HENDRICKS

NY1.

ADV POTGIETER

In NY1.

MNR HENDRICKS

Vanaf - van die noorde kant daar.

ADV POTGIETER

So u het van noord na suid beweeg.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

ADV POTGIETER

Oor die brug.

MNR HENDRICKS

Oor die brug.

ADV POTGIETER

Goed, en waar het u - terloops het u bestuur of mnr Schilder.

MNR HENDRICKS

Mnr Schilder.

ADV POTGIETER

Het hy bestuur?

MNR HENDRICKS

Hy het bestuur.

ADV POTGIETER

Waar is u voertuig tot stilstand gebring op die toneel - in watter straat?

MNR HENDRICKS

NY1.

ADV POTGIETER

In NY1.

MNR HENDRICKS

Korrek.

ADV POTGIETER

Is dit nog voordat ‘n mens die interseksie kry soos jy ingekom het?

MNR HENDRICKS

Voor jy die interseksie kry van 111 en NY1.

ADV POTGIETER

Goed, nou ek aanvaar u het toe uitgeklim uit die voertuig uit?

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

En het u beweeg weg van die voertuig af?

MNR HENDRICKS

In die rigting van 111.

ADV POTGIETER

Van 111?

MNR HENDRICKS

Van 111 ja.

ADV POTGIETER

Goed, en waar - in watter straat het u vir Kaptein Kleyn gesien buite die voertuig?

MNR HENDRICKS

NY111.

ADV POTGIETER

As ‘n mens nou na die plan kyk, noord is bo - suid is onder aan die regterkant is oos en aan die linkerkant is wes - aan watter kant van die interseksie in NY111 was Kaptein Kleyn.

MNR HENDRICKS

Ek sal sê aan die - die weste kant - soos ons kyk na die plan aan die linkerkant.

MNR HENDRICKS

Aan die linker - ja aan die linkerkant van daai plan.

ADV POTGIETER

Goed, so hy was iewers daar in NY111 en hy het buite die voertuig gestaan - ek aanvaar saam met ander kollegas van hom.

MNR HENDRICKS

Sal u my net verskoon asseblief as die - as die linker - u is die - L/K op u regterkant.

ADV POTGIETER

Ja dis - nee - nee op die linkerkant hier by L/K se kant.

MNR HENDRICKS

Ja die dis die linkerkant op daai kant ja.

ADV POTGIETER

Ja hy was daar gewees.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

ADV POTGIETER

Goed nee ons verstaan mekaar baie dankie. Goed u het ook gesê dat u het opgemerk dat daar ‘n persoon is wat in een van die hostelle staan en wat op die toneel af gekyk het.

MNR HENDRICKS

Dit is reg ja.

ADV POTGIETER

Kan u, uself oriënteer op die plan en vir ons ‘n aanduiding gee waar - waar min of meer het hierdie persoon gestaan.

MNR HENDRICKS

Is hier op - dit sal nou wees op my regterkant se - op die hostel, in die hostel hier bo. Dit is by Dairy Belle.

ADV POTGIETER

Goed, maar in elk geval die persoon het, het hy bo-op een van die vloere gestaan.

MNR HENDRICKS

Op die laaste - die hoogste verdieping ja - ek dink dis die derde vloer [onduidelik]

ADV POTGIETER

Hoogste verdieping.

MNR HENDRICKS

Ja.

ADV POTGIETER

Goed - goed en u is toe nou weg van die - nadat u gestaan het is u op pad weer terug na u voertuig toe.

MNR HENDRICKS

Dit is reg ja.

ADV POTGIETER

En toe het u nou die persone opgemerk.

MNR HENDRICKS

Voor ek - voor ek geloop het, het daar persone vanaf die weste kant gekom - agter die hostel om - sewe of agt stuks ja. En ek het geloop na die - na die kar toe terug en met - toe ek die deur oopmaak toe hoor ek skote klap, toe ek omdraai - toe ek teruggaan na die toneel toe, toe het daar - toe lê die mense daar reeds dood.

ADV POTGIETER

Nou u sê dat die persone het - waar u hulle gesien het, hulle was aan die weste kant van die interseksie gewees in NY111.

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

Aan dieselfde kant waar - waar Kleyn was.

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

Goed, nou voor die skietery gebeur het, voordat - voordat u skote gehoor het, het u enige waarskuwings gehoor wat geskree word - enige ander iets wat gesê word of was dit net skote wat u gehoor het.

MNR HENDRICKS

Al wat ek gehoor het was net skote gewees.

ADV POTGIETER

Goed, u sê ook dat na die skietery het u van die liggame gesien.

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

Van die oorledenes.

MNR HENDRICKS

Dit is reg.

ADV POTGIETER

Kan u kyk na die plan en vir ons ‘n idee gee waar die persone was wat u gesien het, die oorledenes wat u gesien het.

MNR HENDRICKS

Kan ek maar die nommers noem solank.

ADV POTGIETER

Ja noem maar wat die nommers of die letters ook al is.

MNR HENDRICKS

Ja hier by L en K - daar by L/K.

ADV POTGIETER

Goed.

MNR HENDRICKS

Asook hier by J wat ek sê wat ek weet - langs J - ek dink dis [onduidelik]

ADV POTGIETER

Net so ‘n oomblik. So dis L/K.

MNR HENDRICKS

Verskoon my by - is by H - G -G.

ADV POTGIETER

By G goed.

MNR HENDRICKS

En dan is ek weer in ‘n bos [onduidelik]

ADV POTGIETER

Neem maar u tyd kyk maar mooi na die plan daar is nie ‘n haas nie.

MNR HENDRICKS

Hier wat U is - U.

ADV POTGIETER

Ek is jammer herhaal net weer waarso?

MNR HENDRICKS

By U - by U.

ADV POTGIETER

By U - ja ek is amper self verlore nou. Ek wil hê u moet heeltemal seker maak of u die toneel reg vertolk soos hy op die sketsplan gegee word, soos ek sê neem u tyd en kyk goed na die toneel. En dan kan u vir ons verduidelik waar oral u mense gesien het - oorledenes gesien het.

Miskien wil u - miskien wil u daar is ‘n baie groter sketsplan reg agter u, is baie meer gerieflik as die kleiner plan wat voor u geplaas is, so miskien kan u mnr Malebatse vir u daai 3B vir u net so bietjie draai na u toe. Dan kan u - dan kan u na die groot plan ook kyk dis makliker om op die groot plan te kyk eintlik - so daar agter u is die groot plan.

MNR HENDRICKS

Dis reg so Edele.

ADV POTGIETER

Ja.

MNR HENDRICKS

Op L/K by U - C/B - G, G/F en E/D.

ADV POTGIETER

Goed einde van Band 1, kant A … all right kom ons - kom ons los die plan vir ‘n oomblik - so as ek dit korrek verstaan dan het u lyke gesien - oorledenes gesien in die bos.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

ADV POTGIETER

Daar in die omgewing en die ander het u gesien hier in die omgewing van die straat van die interseksie.

MNR HENDRICKS

Dit is reg Edelagbare.

ADV POTGIETER

Goed, en ek aanvaar hulle was almal oorlede gewees.

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

Goed, het u enige wapens opgemerk by - by hierdie liggame wat u gesien het.

MNR HENDRICKS

Edele ja ek kan - wat ek onthou kan ek by L/K waar hulle gelê het, het ek gesien ’n handgranaat.

ADV POTGIETER

By L/K.

MNR HENDRICKS

Ja by L/K waar hulle gelê het, was daar ‘n handgranaat gewees. C/B - G, F, E, D en U kan ek nie sê nie, daar het ek nie gesien nie.

ADV POTGIETER

So behalwe vir ‘n handgranaat [tussenbeide]

MNR HENDRICKS

Vir ‘n handgranaat - gesien hier by L/K het ek een onder so nog onder - daar was twee handgranate - een ons - een langs hulle gelê.

ADV POTGIETER

So behalwe vir dit het u een ander - ander wapens gesien nie.

MNR HENDRICKS

Ander [onduidelik] gesien nie.

ADV POTGIETER

Goed, nou die skietvoorval self of die skietery self het u nie veel van gesien nie.

MNR HENDRICKS

Geensins.

ADV POTGIETER

Goed, nou het u enige vooraf kennis gehad dat daar die optrede gaan wees deur die polisie op hierdie toneel.

MNR HENDRICKS

Geensins Edele - geensins.

ADV POTGIETER

Miskien kan ek u net vra om kommentaar te lewer oor getuienis wat ons alreeds gehoor het, van Kaptein Kleyn wie erken dat hy op daai toneel was en wat vir ons vertel het laaste keer wat volgens hom nou daar gebeur het op die toneel - net miskien een aspek. Kaptein het vir ons vertel dat net voordat die skietery gebeur het, het hy in sy voertuig gery, hulle het daar in die omgewing van daai interseksie het hulle met hulle voertuig beweeg. Hy sê inderdaad hulle het daar in NY111 het hulle gery en op ‘n stadium toe hy nou daar naby die interseksie kom, het hy nou mense agterdogtig - of agtertogwekkende mense - mense wat sy agterdog gewek het, gesien en toe het hulle nou hulle voertuig gestop en hy het uitgeklim om die mense te gaan konfronteer en toe gooi iemand ‘n handgranaat en toe is daar is daar nou ‘n hele skietery.

Maar nou die kommentaar wat ek wil hoor is - hy sê dat hy het gery in ‘n voertuig en gestop net voor die skietery om die mense te gaan - wat daar in die straat loop te gaan konfronteer. Maar stem dit ooreen met u waarnemings.

MNR HENDRICKS

Ek het dit nie gesien nie, ek kan nie daarvan verklaar nie Edele ek wet nie - dit het ek nie gesien nie.

ADV POTGIETER

U sê u het hom - u het hom nie binne-in ‘n voertuig gesien nie.

MNR HENDRICKS

Nie wat ek daar gekom het nie.

ADV POTGIETER

En u was vir ‘n paar minute op die toneel voordat u teruggestap het na u voertuig toe.

MNR HENDRICKS

Dit is reg ja.

ADV POTGIETER

En in daai tyd was Kaptein Kleyn die heeltyd op die toneel.

MNR HENDRICKS

Was hy daar op die toneel gewees ja.

ADV POTGIETER

Buite - buitekant - buite die voertuig.

MNR HENDRICKS

Dis korrek ja.

ADV POTGIETER

Goed, het enige van die ondersoekbeamptes wat met die saak belas was, op enige stadium vir u genader vir ‘n verklaring - ons weet daar was geregtelike doodsondersoeke gewees, twee van hulle en ons weet ook daar was ‘n kriminele verhoor gewees op ‘n stadium.

Het enige iemand doer die tyd vir u genader van die ondersoekbeamptes om ‘n verklaring te gee.

MNR HENDRICKS

Geensins nie.

ADV POTGIETER

Hoe het dit gebeur dat die Waarheidskommissie by u uitgekom het?

MNR HENDRICKS

Ek het ‘n oproep gekry by my werk - ek - dat mense my sal kom sien, het hulle my gevra waar by die werk of by die huis. Ek het [onduidelik] by my huis en hulle was daar gewees, ek dink dit was Novembermaand [onduidelik] en hulle het toe gekom. Het hulle my verduidelik en vir my gesê dat hulle my op videoband gesien het - so het ek die verklaring vir hulle gegee.

ADV POTGIETER

So die personeel van die Kommissie het vir u genader en gesê dat u was opgemerk op die video.

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

ADV POTGIETER

Polisie video dat u ook daar teenwoordig was op die toneel.

MNR HENDRICKS

Dis reg so.

ADV POTGIETER

Goed, mnr Hendricks baie dankie - ek gaan u terughandig aan die Voorsitter in geval enige van my kollegas vir u enige iets verder wil vra.

ADV NTSEBEZA

Thank you advocate Potgieter, are there any questions from the panel?

Can you hold on, whilst I consult with [indistinct] I just want to know for myself did you have any loud hailers on the day in question.

MNR HENDRICKS

U Edele ek gaan my nie weerspreek nie, maar ek het dit nie gesien nie, ek het nie gehoor daar gaan luidsprekers daar nie.

ADV NTSEBEZA

Do you know - do you know the person called Sibaca.

MNR HENDRICKS

Nee ek ken nie so ‘n persoon nie.

ADV NTSEBEZA

The person who was standing above and was in a position to have seen what was what happening according to you - where exactly was he standing?

MNR HENDRICKS

Hy het in die - in sy venster gestaan - reg op sy venster - sy venster was oop gewees hy het deur die venster gekyk, want ek het reg op hom gekyk - hy het my aandag getrek daardie persoon.

ADV NTSEBEZA

Did you - did you personally ever talk to him thereafter to enquire what he had seen as a part of an investigation?

MNR HENDRICKS

Ek het die persoon nog nooit gesien - verder na daai nie, en ek ken hom ook nie.

ADV NTSEBEZA

Thank you - any questions arising from what I’ve said from the panel? Pumla Gobodo-Madikizela.

MS GOBODO-MADIKIZELA

Thank you Chairperson. I just want to be clear about a bit of evidence, an aspect of the evidence. The evidence given by the police is that there was an explosion of a grenade before the police started shooting. But the evidence led by witnesses and newspaper reporters notably Chris Bateman and Tony Weaver, contradicts that evidence given by the police.

What is your memory of what happened, did you hear an grenade explosion before a shoot out or did you hear a shoot out without a grenade explosion.

MNR HENDRICKS

Om eerlik te wees gaan ek sê ek het net skote gehoor afgaan [onduidelik] ‘n ontploffing wat ek nie - ek he nie dit gehoor nie. Ek het net skote gehoor afgaan daar.

MS GOBODO-MADIKIZELA

Thank you.

ADV NTSEBEZA

Mary Burton.

MS BURTON

Thank you Chairperson. I want to make quite sure that I can visualise how you saw these events. You came walking down NY1 is that correct?

MNR HENDRICKS

NY1 het ons gery - uitgeklim uit die voertuig uit en daarvandaan [onduidelik] na 111 toe gegaan.

MS BURTON

Right and did you get as far as the corner of NY111?

MNR HENDRICKS

Dis reg so.

MS BURTON

And so you saw straight ahead of you the hostel from which the person was watching.

MNR HENDRICKS

Dis reg hy kon sien, ek kon hom ook sien.

MS BURTON

So he could see you and then he could see what was happening in the street in front of him.

MNR HENDRICKS

Wat ek sê dat hy - ek kon vir hom sien, daar is baie mense onder gewees en hy kon baie goed die mense waarneem wat onder is, hy kon eintlik beter uitsig as - want hy was bo gewees - ek was onder op die grond.

MS BURTON

And then you looked to your right and you saw the vehicle with Captain Kleyn - is it Captain Kleyn - yes standing next to the vehicle there.

MNR HENDRICKS

Kaptein Kleyn en nog ‘n beampte gestaan daar, maar ek kan nie sê wie die beampte is met wie hy gepraat het daar nie. Die voertuig agter - so gestaan.

MS BURTON

Then you turned back and after you heard the shooting you came back again.

MNR HENDRICKS

Dis reg so.

MS BURTON

And that’s when you saw the bodies of the deceased that you pointed out to us.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

MS BURTON

So the one marked L/K on the plan was to your right.

MNR HENDRICKS

Ja dis reg ja - dis reg so.

MS BURTON

And then there was another, another body that you told us marked G/F in the intersection.

MNR HENDRICKS

Dis reg.

MS BURTON

You mentioned also that one of the bodies that you saw was lying in the bush on his stomach.

MNR HENDRICKS

Ja.

MS BURTON

Where was that body?

MNR HENDRICKS

Hy was so - as jy by die hostel staan kan jy sien, maar ons het geloop want almal die mense het daarnatoe geloop in daai rigting geloop - en daar wat ons hom - wat ek daar kom toe lê hy daarso - toe is daar reeds polisiemanne en nog publieke mense daar gestaan.

MS BURTON

So that - if you were standing with NY1 and the bridge behind you was that on your right?

MNR HENDRICKS

Dis reg ja.

MS BURTON

That’s all thank you Chairperson - thank you.

ADV NTSEBEZA

Now I would like to in the light of that reply - correct me if I am wrong - you gave on the sketch plan U as also an area where you spotted a body. Now from what you have just said to Commissioner Burton [tussenbeide]

MNR HENDRICKS

Dis reg so.

ADV NTSEBEZA

You said if you had the bridge behind you - the body would be on your right. Now [tussenbeide]

MNR HENDRICKS

Op die linkerkant. Dis op die linkerkant gewees as jy afkom van die brug af, op jou linkerkant.

ADV NTSEBEZA

Oh! okay thank you. Pumla Gobodo-Madikizela.

MS GOBODO-MADIKIZELA

Thank you Chairperson just a little comment and a question. I think that maps sometimes are not very helpful especially if you have not been involved in drawing them. So sometimes you know it helps to just indicate that you saw bodies on NY1 or wherever to your right. Sometimes maps you can’t relate to them if you not involved in planning them, I find that sometimes a bit of a struggle.

I don’t know whether it is happening to you but my question is we - when in November - during November 27th when we had this kind of hearing last year - General Sibaca testified that when he peeped through the window and observed what was happening - immediately some police officers on the ground noticed him, they started firing shots at him where he was standing in the hostel. And in fact Chris Bateman’s report in the Cape Times did indicate that there was damage on the window of General Sibaca’s room. And our investigators have established that there were shots fired there.

Did you notice any shooting at the time - at the - on the day of the incident - did you notice anyone shooting towards the hostel?

MNR HENDRICKS

Soos ek reeds gesê het, ek het geen skietery gesien plaasvind nie, al wat ek gehoor het was skote gewees.

ADV NTSEBEZA

Advocate Potgieter.

ADV POTGIETER

Thank you Chairperson.

Mnr Hendricks kan ek net vir u verduidelik wat die punt is rondom hierdie plan en vir u miskien eers vra, het u die plan ooit voor vandag gesien - hierdie sketsplan?

MNR HENDRICKS

Ja.

ADV POTGIETER

Het u dit voorheen gesien al?

MNR HENDRICKS

Eerste keer vandag - vanoggend - ek het vanoggend net so vlugtig en nou weer gesien.

ADV POTGIETER

So dis die eerste keer wat u dit vandag sien.

MNR HENDRICKS

Vandag sien.

ADV POTGIETER

Nou u sien waarom- miskien net vir u verduidelik waarom my kollega’s vir u gevra het rondom hierdie plan en my kollega me Gobodo-Madikizela vir u verwys het na die verwarring wat baiekeer gebeur.

U sien volgens die objektiewe getuienis was die liggame wat in die bos gevind was - in die bosse gevind was eintlik nie aan die kant waar - waar u is nie, maar aan die teenoorgestelde kant daar waar as u kyk na daai sketsplan voor u aan die linkerkant waar T en S en Q en R is, en P ook - in daai omgewing - daar is bosse aan albei kante - maar eintlik was die liggame hier soos ek nou vir u verduidelik aan die linkerkant die T/S en Q/R en u sê u was saam met al die polisiemanne daar na die punt toe waar die liggame was en was in die bos gewees.

MNR HENDRICKS

Die een liggaam wat by Q is, vir hom het ek in die bos gesien. Die ander het ek in die NY11 en NY101 - 111 en die anders in 101. Ek het nie daar op die linkerkant en daai - dan moet ek sê die bos was agter die hostel - agter Murray & Roberts hostel, daar het ek nie liggame gesien nie, want ek was nie tot daar nie, maar dit wat ek gesien het hierso.

ADV POTGIETER

Goed nee ek het net gedink ek gaan vir u verduidelik waar - waaroor die vrae gegaan het rondom die sketsplan wat u verstaan.

Thank you Chairperson.

ADV NTSEBEZA

Thank you advocate Potgieter. Mr Hendricks you are excused.

MNR HENDRICKS

Dankie.

 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
DMMA Logo
SABC © 2024
>