SABC News | Sport | TV | Radio | Education | TV Licenses | Contact Us
 

Human Rights Violation Hearings

Type HUMAN RIGHTS VIOLATION HEARINGS

Starting Date 26 June 1996

Location WORCESTER

Day 3

Case Number CT/07701

Victim ANNALENE ABRAHAMS

Testimony ANNALENE ABRAHAMS

Nature SHOT BY POLICE

DR ORR

Baie welkom aan u me Abrahams is dit ‘n vriendin of ‘n familielid saam met u?

ME ABRAHAMS

Familielid.

DR ORR

Baie dankie dat u ook saamgekom het om ondersteuning te gee. Me Abrahams kan ek u vra om te staan om die eed af te lewer.

ANNALENE MILDRED ABRAHAMS verklaar onder eed

DR ORR

Baie dankie - me Mary Burton sal nou saam met jou praat.

MS BURTON

Hello Ms Abrahams.

MS ABRAHAMS

Hello.

MS BURTON

You are going to tell us about something that happened in Robertson in 1990 - I’d ask you to tell what happened that night and also if you like also how things were in the Robertson area just around that time.

ME ABRAHAMS

Die 11 April 1990 was daar van gemeenskap vergadering - ons het na die saal gegaan, die saal was vol - daar was baie mense in die saal, en dit het gegaan oor die gemeenskap se probleme en die aand toe ons nog besig was met die vergadering, toe het hulle gesê ‘n seun ingedra, toe het hulle op die seun geskiet, toe dra hulle die seun in.

En ons het net gesien die traangas kom deur die vensters en die geskietery buitekant, toe die mense begin te oormekaar val en hulle het begin te skreeu en begin te raas en ons het begin hardloop en ek het gehardloop ek het daar na die sy saal toe gehardloop en ek het weer teruggehardloop. Toe ek daar by die sy saal kom, toe sien ek net twee polisiemanne van buite staan en hulle skiet daar op - op ons wat nou daar deurgehardloop het.

En ek het weer teruggehardloop en ek het weer op die verhoog gehardloop en hulle het net aanhoudend geskiet en ek het weer teruggekom en ek het gehardloop tot by die voorportaal, toe sien ek dat die polisiemanne is nog altyd besig met skiet en ek het weer in die saal ingegaan toe hardloop ek by die sydeur uit, en toe ek by die sydeur uitgaan, toe gaan - sien ek maar die drade lê plat en toe het ek daar oor gehardloop en ek is toe huis toe gehardloop.

En toe ek by die huis kom toe sien ek my been het seergekry daar en toe het me Frieselaar hulle het vir ons na die hospitaal geneem en toe ons by die hospitaal kom toe wil hulle ons nou nie meer verder help daar nie en toe het hulle gesê maar die polisie het hulle gestop, die polisie sê hulle moet nie meer verder die mense help nie. Toe het ek maar terug huis toe gegaan en ek het maar my been so self so gedokter, tot hy gesond is.

MS BURTON

And does your leg still give you trouble?

MS ABRAHAMS

Yes.

MS BURTON

Could you tell us a little bit more about the problems, what were the problems that the community was discussing in the meeting that night?

ME ABRAHAMS

Die middag het ons ‘n vergadering ons was ‘n hele paar vrouens wat na die vergadering toe gegaan het. Dit het eintlik gegaan oor die probleme van die gemeenskap soos oor water en oor ligte en oor daai tipe dinge het dit gegaan. En toe ons by die saal kom toe sê mnr Booysen maar die mense wat nou - hulle mee die vergadering moet hê, hulle was nog daai tyd van die ou bestuur gewees. Toe sal hulle nou vergadering met die ou bestuur gehad het omdat hulle moet nou kan maar sê kom bedank en toe ons die middag daar kom, ons is ‘n hele paar vrouens wat soontoe gegaan het en toe ons nou die middag daar kom, toe het die ou bestuur opgedaag en toe sê mnr Booysen maar hulle sê hulle kan nie nou vergadering hou nie, hulle moet nou teruggaan - hulle gaan die aand halfagt weer kom.

Op so ‘n manier het mnr Booysen mos besluit dat daar is die aand ‘n vergadering. Op so ‘n manier het ons na die vergadering toe gegaan die aand, maar toe ons nou besig is, net wat ons toe nou die lied Nkosi Sikelele iAfrica sing, toe hoor ons nou net die seun dra hulle in dat hulle sê hulle het die skiet geskiet, toe dra hulle die seun in. En die traangas kom deur die vensters en hulle begin te skiet en dis daar die mense so oproerig geraak het die mense begin te skreeu en begin te oormekaar val en die mense begin te hardloop.

MS BURTON

It must have been very frightening in the hall with the tear gas and the noise and everybody running.

MS ABRAHAMS

Yes.

MS BURTON

Do you know what happened to the boy who was shot?

MS ABRAHAMS

Nee die - hulle het hom ingedra en toe van deurmekaarheid soos ons nou - soos van die traangas wat nou so ingegooi word deur die vensters toe het almal maar begin te hardloop en toe het ek nou nie gesien wat van die seun geword het nie.

MS BURTON

And who was the Mr Booysen that you mentioned.

ME ABRAHAMS

Hulle was die mense wat gewees wat nou - kan ek sê die leiding geneem het daar in die gemeenskap.

MS BURTON

Right, so they were helping you to provide a meeting where people could come and talk about their problems.

ME ABRAHAMS

Ja.

MS BURTON

And this was part of also the campaign to ask the local councillors to resign.

ME ABRAHAMS

Ja.

MS BURTON

Thank you very much - then when you went to the Robertson Hospital and the people who turned you away do you know if that was a doctor, or if that was part of the administration at the hospital?

ME ABRAHAMS

No.

MS BURTON

That was just what they said, the people who you saw.

MS ABRAHAMS

Yes.

MS BURTON

I don’t think I have any other questions, thank you very much for explaining that to us.

MS ABRAHAMS

Okay.

MS GOBODO-MADIKIZELA

Wendy Orr.

DR ORR

Me Abrahams was daar baie ander mense daardie aand beseer?

ME ABRAHAMS

Ja die saal was vol, daar was baie mense gewees.

DR ORR

Geskiet en ook seker ander - ander wonde en die chaos.

ME ABRAHAMS

Ja daar is baie mense wat in daai proses seergekry het - baie mense is raak geskiet - vol donshael geskiet - baie mense was daar.

DR ORR

En was daar enige ondersoek om uit te vind waarom die polisie so geskiet het, was enige iemand skuldig.

ME ABRAHAMS

Daar was ‘n hofsaak aan die gang - en ek dink die hofsaak het so uitgestel en dat hulle weer presies sê ek hoeveel - of dit nou twee of drie keer is wat die hofsaak aangegaan het nie, maar daar was ‘n hofsaak gewees.

DR ORR

En weet jy wat die uitslag was.

ME ABRAHAMS

Die uitslag was gewees die Bevelvoerder hy is glo skuldig bevind.

DR ORR

En weet jy wat die Bevelvoerder se naam is of kan jy nie onthou nie.

ME ABRAHAMS

Wat is sy naam?

DR ORR

Nee dis all right ons sal seker kan uitvind.

ME ABRAHAMS

Ek het nou sy van vergeet ek weet nou nie meer wat sy van is nie.

DR ORR

Maar hy is skuldig bevind.

ME ABRAHAMS

Ja hy is toe skuldig bevind.

DR ORR

Okay, goed dankie.

MS GOBODO-MADIKIZELA

Thank you very much for coming to share your experiences with us, we are grateful that you have made us a part of the suffering that you went through. We again wish to commit ourselves to investigating the circumstances of the shooting and to respond to the specifically questions made to the Commission - thank you so much.

MS ABRAHAMS

Thank you.

 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
DMMA Logo
SABC © 2024
>