AC/98/0070

 

 

WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE

AMNESTIE KOMITEE

 

 

AANSOEK IN TERME VAN ARTIKEL 18 VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN NASIONALE EENHEID EN VERSOENING, WET 34 VAN 1995.

GERRIT HERMANUS BENJAMIN BRUWER APPLIKANT

(AM 7548/97)

BEVINDING

Die Applikant, Gerrit Hermanus Benjamin Bruwer, word amnestie in terme van Wet Nr. 34 van 1995 VERLEEN ten aansien van alle misdade geassosieer met 'n politieke oogmerk soos definieer deur die Wet, en wat binne die trefwydte van die gemelde Wet val, wat verband hou en voortvloei uit die beskadiging van 'n voormalige kerkgebou wat ten tye van die beskadiging daarvan as kantore gebruik is te Vryburg gedurende 1988 deur brandstigting.

Gedateer te Kaapstad 27 dag van Oktober 1998

Vir en Namens die Amnestie Komitee :