<?xml version="1.0" encoding="windows-1252"?>
<hearing xmlns="http://trc.saha.org.za/hearing/xml" schemaLocation="https://sabctrc.saha.org.za/export/hearingxml.xsd">
	<systype>decisions</systype>
	<type>AMNESTY DECISIONS</type>
	<startdate>1996-12-06</startdate>
			<names>ADRIAAN VAN STRAATEN,WILLEM VAN STRAATEN,GIDEON VAN STRAATEN,DAWID VAN STRAATEN</names>
	<case>AC/96/0015</case>
	<matter>AM 58/96,AM 59/96,AM 61/96,AM 62/96</matter>
				<decision>REFUSED</decision>
	<url>https://sabctrc.saha.org.za/hearing.php?id=58479&amp;t=&amp;tab=hearings</url>
	<originalhtml>https://sabctrc.saha.org.za/originals/decisions/1996/961206_van straaten.htm</originalhtml>
		<lines count="30">
		<line number="1">
			<speaker></speaker>
			<text>DECISION</text>
		</line>
		<line number="2">
			<speaker></speaker>
			<text>                                                                                            </text>
		</line>
		<line number="3">
			<speaker></speaker>
			<text>Die vier applikante is broers, saam aangekla en skuldig bevind van:</text>
		</line>
		<line number="4" isquote="true">
			<speaker></speaker>
			<text>1. Die moord op Wanton Matshoba op 17/18 Junie 1989 te Vereeniging;</text>
		</line>
		<line number="5">
			<speaker></speaker>
			<text>2. Die moord op Sazise Cyprion Qheliso op dieselfde plek en tyd as die eerste aanklag;</text>
		</line>
		<line number="6">
			<speaker></speaker>
			<text>3. Die roof op dieselfde plek en tyd van &#039;n swaardiens Ford, perd en sleepwa registrasie nr. QIW 18689.</text>
		</line>
		<line number="7">
			<speaker></speaker>
			<text>Die twee oorledenes was nagwagte in diens van Thompson Securities wat belas was met die bewaking van die persele van Terblanche Transport en die voertuig was in die persele parkeer.</text>
		</line>
		<line number="8">
			<speaker></speaker>
			<text>Die applikante se getuienis kan as volg opgesom word:</text>
		</line>
		<line number="9">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="10">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="11">
			<speaker></speaker>
			<text>Nadat hulle die hotel verlaat het, het hulle rondgery en toe die perseel van Terblanche Transport identifiseer as &#039;n geskikte teiken.  Hulle het die motor &#039;n endjie weg parkeer en is die perseel binne.  Adriaan het &#039;n nagwag met &#039;n flits geslaan en Willem het &#039;n voertuig identifiseer vir verwydering.</text>
		</line>
		<line number="12">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="13">
			<speaker></speaker>
			<text>Nieteenstaande hulle besef dinge het verkeerd geloop, het hulle tog die voertuig van die perseel verwyder.  Willem het egter gesukkel om die voertuig te bestuur want hy het nie geweet hoe die koppelry meganisme werk nie.  Getuienis is gelewer dat verkeerde gebruik van die meganismes veroorsaak dat die remme in werking gestel word en dat die voertuig nie ver sou beweeg nie.  Die voertuig is inderdaad gevind met vasgeslaande remme en aansienlike skade omdat gepoog is om die voertuig in hierdie geremde toestand verder te bestuur.  Die sleepwa het &#039;n vrag staal ter waarde van ongeveer R65 000,00 gehad.</text>
		</line>
		<line number="14">
			<speaker></speaker>
			<text>Dit blyk verder dat Willem vorige veroordelings gehad vir oneerlikheidsmisdade sowel as dronkbestuur.  Hy het pas uit die gevangenis gekom op die 9 Junie 1989 en 8 dae later was hy betrokke in hierdie misdaad.</text>
		</line>
		<line number="15">
			<speaker></speaker>
			<text>Adriaan het &#039;n vorige veroordeling vir diefstal van &#039;n motorfiets in 1978 en bestuur onder die invloed van alkoholiese drank in 1985.</text>
		</line>
		<line number="16">
			<speaker></speaker>
			<text>Dawid het ook &#039;n vorige veroordeling vir diefstal maar voer aan dat hy die skuld op hom geneem om sy oudste broer te beskerm.  Ook Gideon het &#039;n vorige veroordeling van diefstal van &#039;n minder ernstige aard.</text>
		</line>
		<line number="17">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="18">
			<speaker></speaker>
			<text>Daar dien opgelet te word dat aangevoer word dat die bedoeling was om die nagwagte vas te bind, tog word geen toue saamgeneem nie om die wagte vas te bind nie.  Daar word ter verduideliking aangevoer dat hulle geweet het by hierdie vervoerbesigheid sou toue wees.  Dit is egter duidelik dat dit die derde perseel was wat hulle as moontlike teiken gekies het en dit lyk waarskynlik dat die vasbind storie uitgedink is ter versagting van die gebeure.</text>
		</line>
		<line number="19">
			<speaker></speaker>
			<text>Die feit is dat daar volgens hulle getuienis voldoende geleentheid vir die vasbind van die oorledenes was wat reeds vasgegryp was sonder vuurwapens was en geen gebruik van hulle knuppels kon maak nie.  Daar sou geen rede wees om af te wyk van die plan om hulle vas te maak as so &#039;n plan ooit bestaan het nie.</text>
		</line>
		<line number="20">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="21">
			<speaker></speaker>
			<text>Daar is heelwat tyd bestee en argumente aangevoer wat verband hou met die applikante se agtergrond, hulle rasse-meerderwaardigheidsgevoel en hulle anti-hervormsgedagtes.  Dit voer die saak egter nie verder nie.</text>
		</line>
		<line number="22">
			<speaker></speaker>
			<text>Op al die getuienis en op die waarskynlikhede soos blyk uit die feite wat nie in dispuut is nie, kan die komitee nie tot die gevolgtrekking kom dat hierdie moorde en die verwydering van die voertuig, dade was wat geassosieer was met &#039;n politieke doelwit en nie bloot kriminele dade was nie.  Die aansoeke en die voorgelegde getuienis bevredig nie die kriteria in Artikel 20 op die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening nie.  Adv. E. Niewoudt wat namens die applikante verskyn het, het op bekwame en vindingryke wyse in haar argumentshoofde die komitee probeer oortuig dat hierdie aansoeke binne die kader van die Wet val.</text>
		</line>
		<line number="23">
			<speaker></speaker>
			<text>In haar argumente het sy agteroorgeleun om aan die feite &#039;n politieke konnotasie eerder as &#039;n bloot kriminele konnotasie te gee.  Hierdie argumente oortuig egter nie teen die objektiewe vasstaande feite en getuienis by die strafverhoor nie.</text>
		</line>
		<line number="24">
			<speaker></speaker>
			<text>Die aansoek om amnestie word ten aansien van alvier applikante </text>
		</line>
		<line number="25">
			<speaker>GEWEIER</speaker>
			<text>.</text>
		</line>
		<line number="26">
			<speaker></speaker>
			<text>Regter H. Mall</text>
		</line>
		<line number="27">
			<speaker></speaker>
			<text>Regter A. Wilson                         </text>
		</line>
		<line number="28">
			<speaker></speaker>
			<text>Regter B. Ngoepe                         </text>
		</line>
		<line number="29">
			<speaker></speaker>
			<text>Adv. C. de Jager SC                          </text>
		</line>
		<line number="30">
			<speaker></speaker>
			<text>Me Sisi Khampepe                          </text>
		</line>
	</lines>
</hearing>