<?xml version="1.0" encoding="windows-1252"?>
<hearing xmlns="http://trc.saha.org.za/hearing/xml" schemaLocation="https://sabctrc.saha.org.za/export/hearingxml.xsd">
	<systype>decisions</systype>
	<type>AMNESTY DECISIONS</type>
	<startdate>1997-05-28</startdate>
			<names>HENDRIK JACOBUS STEYN</names>
	<case>AC/97/0033</case>
	<matter>AM 0069/96</matter>
				<decision>GRANTED</decision>
	<url>https://sabctrc.saha.org.za/hearing.php?id=58519&amp;t=&amp;tab=hearings</url>
	<originalhtml>https://sabctrc.saha.org.za/originals/decisions/1997/970528_steyn.htm</originalhtml>
		<lines count="50">
		<line number="1">
			<speaker></speaker>
			<text>BEVINDING</text>
		</line>
		<line number="2">
			<speaker></speaker>
			<text>                                                                                            </text>
		</line>
		<line number="3">
			<speaker></speaker>
			<text> Die applikant, Hendrik Jacobus Steyn, doen aansoek vir amnestie in terme van Artikel 18 van Wet 34 van 1995, ten aansien van die volgende misdade:</text>
		</line>
		<line number="4" isquote="true">
			<speaker></speaker>
			<text>(a) Die moord op Michael Mthethwa (hierna verwys as die eerste oorledene) op 14 Augustus 1992 in die Tshukulu Reservaat, kwaZulu Natal;</text>
		</line>
		<line number="5">
			<speaker></speaker>
			<text> (b) Die moord op Simon Msweni (die tweede oorledene) op dieselfde tyd en plek hierby genoem.</text>
		</line>
		<line number="6">
			<speaker></speaker>
			<text> Die applikant het in sy getuienis aangevoer dat hy &#039;n Speurder Adjudant Offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie was en in die Moord- en Roofafdeling te Empangeni gedien het.  Deel van sy pligte was die bekamping van die bedrywighede van die bevrydingsbewegings soos hoofsaaklik verteenwoordig deur die ANC.  Vir hierdie doel het hy dan ook kursusse in teeninsurgensie en onlustebeheer bygewoon.</text>
		</line>
		<line number="7">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="8">
			<speaker></speaker>
			<text> Die relevante deel van die uitspraak lees as volg:</text>
		</line>
		<line number="9" isquote="true">
			<speaker></speaker>
			<text>&quot;U word op die twee klagtes saam gevonnis tot agtien (18) jaar gevangenisstraf.&quot;</text>
		</line>
		<line number="10">
			<speaker></speaker>
			<text> So &#039;n vonnis mag verdere kommentaar verg indien amnestie net ten aansien van een van die dade gegee word.  Die vonnis is deur die Volbank van die Natal Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika gehandhaaf.</text>
		</line>
		<line number="11">
			<speaker></speaker>
			<text> Daar word vervolgens gehandel met die getuienis van die applikant in soverre dit betrekking het op die tweede oorledene, mnr Simon Msweni.</text>
		</line>
		<line number="12">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="13">
			<speaker></speaker>
			<text> (Daar word verwys na die lys soos aangeheg by die applikant se aansoek en gepagineer as bladsye 20 - 25 van sy aansoek om amnestie).</text>
		</line>
		<line number="14">
			<speaker></speaker>
			<text> Busse is met klippe bestook en aan die brand gesteek, huise is afgebrand, kerkgangers is in &#039;n kerk aangeval, petrolbomme is gebruik, polisie is geskiet, handgranate is gebruik en halssnoermoorde is toegepas - hierdie en ander soortgelyke sake is teen Msweni en sy bende ondersoek.</text>
		</line>
		<line number="15">
			<speaker></speaker>
			<text> Hierbenewens was daar dan die doodslag van drie polisiemanne tydens die skietery, verwonding en gevangeneming van die twee oorledenes op 14 Augustus 1992.</text>
		</line>
		<line number="16">
			<speaker></speaker>
			<text> Soos lyk uit die voormelde gevalle lyk dit of minstens 22 gevalle objektief gesproke prima facie &#039;n politieke konnotasie het.</text>
		</line>
		<line number="17">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="18">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="19">
			<speaker></speaker>
			<text> Die applikant getuig dat hy dadelik besef het dat indien hulle na die hospitaal geneem word, dit nie die einde van die terreurstryd sou wees nie.  Hulle sou ontsnap soos Simon Msweni voorheen gedoen het, of hulle kan selfs deur hulle makkers bevry word.</text>
		</line>
		<line number="20">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="21">
			<speaker></speaker>
			<text> Hy het sy suspisie gegrond op die tweede oorledene se vorige optrede, toe hy die polisieman wat oor hom waggehou het, oorrompel het, sy wapen geneem het ontvlug het en sy dade voortgesit het.  Hy het geweet dat die oorledene tot die bitter einde sou veg.  &#039;n Hele taakmag was maande lank teen hom ingespan sonder sukses en hy was so aggressief dat hy selfs &#039;n polisie helikopter wat brandstof ingeneem het, bestorm het en &#039;n handgranaat daarna geslinger het en skote geskiet het terwyl hy terug hardloop.  Hy was onverskrokke en het nie slegs gevlug en weggekruip nie.  Die weermagmanne het hom ook meegedeel dat beide die oorledenes in besit was van vuurwapens toe hulle oorrompel is.  Hy het die eerste oorledene met die groep assosieer omdat hy betrokke was by die skietery op die polisie, in besit was van &#039;n vuurwapen en nie net &#039;n onskuldige buitestander was nie.  Indien hy &#039;n onskuldige buitestander was sou hy hom aan die polisie oorgegee het en nie betrokke gewees het in die geveg nie.  Hierbenewens is daar die verdere oorweging dat Mthethwa in dieselfde eenheid onder aanvoering van msweni was tydens die konfrontasie met die veiligheidsmagte, toe die polisiemanne gedood is.  Gesien die aard van die situasie, kon dit nie verwag word dat die applikant hom anders moes sien as dat hy in samewerking met Msweni opgetree het nie.  Daar was ongetwyfeld ook &#039;n begeerte by die applikant om die dood van sy kollegas te wreek, maar gesien die politieke aard van die dade en oortredings wat teen Msweni ondersoek is, is daar onteenseglik ook &#039;n politieke motivering aan die kant van die applikant teenwoordig.  Hierdie twee oorwegings het skynbaar gelyke gewig by die applikant gedra en spruit albei uit die destydse geldende politieke milieu.  Hy getuig dat hy toe besef het dat hierdie persone vir eens en altyd uitgewis moes word.  Hy het daarop die polisiemanne beveel om in &#039;n bospaadjie af te draai en na hulle stilgehou het, is die twee oorledenes afgelaai.  Dit was volgens die getuienis in die hof nie duidelik of die tweede oorledene nog geleef het nie.  Die applikant het die polisiemanne beveel om aan te ry en die bakkie vorentoe om te draai en hy het die oorledenes elkeen twee skote toegedien terwyl die weermagmanne &#039;n entjie daarvandaan gestaan het.</text>
		</line>
		<line number="22">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="23">
			<speaker></speaker>
			<text> By die polisiestasie op kwaMbonambi het die applikant aan kolonel Nel rapporteer dat hy die oorledenes doodgeskiet het.  Kolonel Nel het sy goedkeuring te kenne gegee deur hom geluk te wens en besonderhede oor die skietery gevra.</text>
		</line>
		<line number="24">
			<speaker></speaker>
			<text> Die bakkie het daarna na die lykshuis in Empangeni vertrek.  Later het die applikant die weermagmanne &#039;n saamrygeleentheid aangebied na Empangeni en op pad daarheen is weereens bevestig dat indien daar vrae is, volgehou sou word met die storie dat die oorledenes aan wonde opgedoen tydens die geveg, oorlede is.</text>
		</line>
		<line number="25">
			<speaker></speaker>
			<text> Nadat die dood van die oorledenes deur senior polisie deeglik ondersoek is en die weermaglede konfronteer is, het hulle met die waarheid voor die dag gekom, en die applikant aangekla, skuldig bevind en gevonnis.</text>
		</line>
		<line number="26">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="27">
			<speaker></speaker>
			<text> Ten slotte kan bygevoeg word dat dit later tydens die verhoor van die applikant geblyk het dat die huis waar die skietery plaasgevind het, die eerste oorledene se huis was, dat hy &#039;n ingeskrewe lid van die ANC was, dat &#039;n AK47 versteek was in die plafon van die huis, dat daar petrolbomme in die garage aanliggend tot die huis was en dat &#039;n half voltooide struktuur bestaande uit &#039;n kelder waartoe toegang deur &#039;n valdeur verkry sou word, daar aangetref is.  Die kelder sou etlike persone kon huisves en was voorsien van &#039;n lugpyp om vars lus in te laat.  Die applikant se subjektiewe geloof ten tyde van die doodslag, word objektief bevestig deur hierdie feite.</text>
		</line>
		<line number="28">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="29">
			<speaker></speaker>
			<text> Teen hierdie agtergrond moet dan beoordeel word of die applikant &#039;n saak uitgemaak het vir verlening van amnestie.</text>
		</line>
		<line number="30">
			<speaker></speaker>
			<text> Die applikant het in sy getuienis voor die Kommissie sy betrokkenheid by die misdade volledig openbaar en sy aansoek voldoen aan die formele vereistes deur die wet en regulasies daargestel.</text>
		</line>
		<line number="31">
			<speaker></speaker>
			<text> Die applikant was &#039;n lid van die sekuriteitsmagte en volgens sy getuienis het hy opgetree teen die lede van &#039;n algemeen bekende politieke organisasie ter bestryding en in teenstand tot die politieke &quot;struggle&quot; wat teen die Staat en teen die lede van &#039;n ander algemeen bekende politieke organisasie gevoer is.  Hy het geglo dat die oorledenes, nieteenstaande hulle gevangeneming, die stryd by die eerste die beste geleentheid sou voortsit en dat hulle nie uit die stryd en gepaardgaande terreur geweer sal word deur die normale regsproses nie.  As gevolg hiervan het hy die misdade gepleeg waarvoor daar regtens nie regverdiging bestaan nie en waarvoor hy hom op amnestie beroep.</text>
		</line>
		<line number="32">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="33">
			<speaker></speaker>
			<text> Dit is ook &#039;n feit dat die Polisiemag aangewend was om toe te sien dat die regering van die dag nie omvergewerp word deur die bevrydingsbewegings se aanslag nie en dat die Polisie en Bevrydingsbewegings in direkte gewapende konfrontasie met mekaar te staan gekom het as gevolg van die konflikte van die verlede.  Dit was eintlik buite die Polisie se normale funksies.   Die dade wat die applikant gepleeg het, was dan ook geassosieer en het voortgevloei uit hierdie addisionele funksie van die polisie om die regering van die dag aan bewind te hou en die politieke opponente van die bevrydingsbewegings te beskerm.</text>
		</line>
		<line number="34">
			<speaker></speaker>
			<text> Die wet verskaf sekere hulpmiddels by die beoordeling van die vraag of die daad geassosieer kan word met &#039;n politieke oormerk.</text>
		</line>
		<line number="35">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="36">
			<speaker></speaker>
			<text> Die dade was gepleeg in die konteks van &#039;n politieke gebeurtenis na &#039;n geveg tussen &#039;n ANC groep en die Polisie waarin 3 polisiemanne dood is en die oorledenes gewond was of minstens in reaksie op daardie geveg.</text>
		</line>
		<line number="37">
			<speaker></speaker>
			<text> Die regs en feitlike aard van die daad was die doodslag van die oorledenes.  Binne die konteks van die stryd soos dit destyds geheers het, was dit voorsienbaar want beide die Polisie en die ANC het mekaar as teikens oor en weer beskou.</text>
		</line>
		<line number="38">
			<speaker></speaker>
			<text> Die dade was gerig teenoor &#039;n politieke opponent.  Die applikant was self &#039;n Inkatha Vryheidsparty ondersteuner terwyl die tweede oorledene &#039;n bekende ANC lid was en die eerste oorledene &#039;n mede-vegter onder die tweede oorledene was.</text>
		</line>
		<line number="39">
			<speaker></speaker>
			<text></text>
		</line>
		<line number="40">
			<speaker></speaker>
			<text> Die verhouding tussen die dade en die politieke oogmerke moet ook beoordeel word aan die hand van die uitgesproke en uitgeleefde verhouding tussen die bevrydingsbewegings en die Polisie op daardie stadium; die een was vir die ander &#039;n legitieme teiken in die stryd vir verkryging van politieke seggenskap en die afwering daarvan.</text>
		</line>
		<line number="41">
			<speaker></speaker>
			<text> Uit hoofde van die voorafgaande </text>
		</line>
		<line number="42">
			<speaker>SLAAG</speaker>
			<text>die applikant se</text>
		</line>
		<line number="43">
			<speaker> AANSOEK OM AMNESTIE</speaker>
			<text>.</text>
		</line>
		<line number="44">
			<speaker></speaker>
			<text> Die Komitee beveel aan dat verdere ondersoek ingestel word na die identiteit en adresse van die naasbestaandes van die twee oorledenes en dat die gegewens deurgegee word na die Komitee vir Herstel en Rehabilitasie van slagoffers, aansien die Komitee van mening is dat hulle as slagoffers onder die wet klassifiseer behoort te word.</text>
		</line>
		<line number="45">
			<speaker></speaker>
			<text>GEDATEER HIERDIE 28ste DAG VAN MEI 1997.</text>
		</line>
		<line number="46">
			<speaker></speaker>
			<text>MALL, R</text>
		</line>
		<line number="47">
			<speaker></speaker>
			<text>WILSON, R</text>
		</line>
		<line number="48">
			<speaker></speaker>
			<text>NGOEPE, R</text>
		</line>
		<line number="49">
			<speaker></speaker>
			<text>DE JAGER, SC</text>
		</line>
		<line number="50">
			<speaker></speaker>
			<text>KHAMPEPE, S</text>
		</line>
	</lines>
</hearing>