AC/98/0097

 

 

WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE

AMNESTIE KOMITEE

 

 

AANSOEK IN TERME VAN ARTIKEL 18 VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN NASIONALE EENHEID EN VERSOENING, WET 34 VAN 1995.

EDUARD PIETER ROUX APPLIKANT

(AM 5661/97)

BEVINDING

Na oorweging van die aansoek VERLEEN die Amnestie komitee amnestie aan die applikant ten opsigte van :

1. Oortreding van artikel 21(1), 27(1)(c) gelees met artikel 2(2) en (3) van die Wet op Plofstowwe, Nr. 26 van 1956 deurdat die applikant op of omtrent 21 April 1994, die kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Hoopstad deur 'n bomontploffing beskadig het; en

2. Oortreding van artikel 4(1), 3(1) en 5(2) van Wet Nr. 26 van 1956, te wete die onwettige besit van plofstowwe naamlik, 19 "powergel" springpatrone en 5

2

verbinddoppielonte, gepleeg gedurende April 1994 in die distrik van Hoopstad.

GEDATEER TE KAAPSTAD HIERDIE 19DE DAG VAN NOVEMBER 1998.