SABC News | Sport | TV | Radio | Education | TV Licenses | Contact Us
 

Decisions

Type AMNESTY DECISIONS

Starting Date 19 November 1998

Names EDUARD PIETER ROUX

Case Number AC/98/0097

Matter AM 5661/97

Decision GRANTED

BEVINDING

Na oorweging van die aansoek

VERLEEN: die Amnestie komitee amnestie aan die applikant ten opsigte van

1. Oortreding van artikel 21(1), 27(1)(c) gelees met artikel 2(2) en (3) van die Wet op Plofstowwe, Nr. 26 van 1956 deurdat die applikant op of omtrent 21 April 1994, die kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Hoopstad deur 'n bomontploffing beskadig het; en

2. Oortreding van artikel 4(1), 3(1) en 5(2) van Wet Nr. 26 van 1956, te wete die onwettige besit van plofstowwe naamlik, 19 "powergel" springpatrone en 5

2

verbinddoppielonte, gepleeg gedurende April 1994 in die distrik van Hoopstad.

GEDATEER TE KAAPSTAD HIERDIE 19DE DAG VAN NOVEMBER 1998.

 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
DMMA Logo
SABC © 2024
>